zondag 7 juli 2013

In die aanvoeling van jou teenwoordigheid




In die aanvoeling van jou teenwoordigheid

vandag kan ek jou aanvoel
terwyl ek op my komper werk
en jy hemele ver sit van hier

vandag sit ek diamante aan
al jou vingers
spieël jou daarin

kyk op jou marmertafelblad
lê jou veertig bloedrooirose
wat ek gisternag in jou droom
aan jou ge-epos het

en as jy vannag jou trane
met jou lakens droog
onthou hier is nog 'n
gloei-warm drukkie vir jou

van iemand wat jou uit
'n vreemde land bemin en

sommer baie baie van jou hou 

16 maart 2005


© Floris Abraham Brown



Ik zal je missen, 
zei zij....


©Gavi Mensch
 7-7-2013




Geen opmerkingen:

Een reactie plaatsen